James van Allen | |
---|---|
James van Allen in 1977. | |
Gebore | James Alfred van Allen 7 September 1914 |
Sterf | 9 Augustus 2006 (op 91) Iowa |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep | Astrofisikus |
Bekend vir | Van Allen-gordels Magnetosferiese fisika |
James Alfred van Allen (7 September 1914 tot 9 Augustus 2006) was ’n Amerikaanse ruimtewetenskaplike aan die Universiteit van Iowa. Hy het ’n belangrike rol gespeel in die vestiging van die veld magnetosferiese navorsing in die ruimte.
Die Van Allen-gordels is na hom genoem nadat hulle ontdek is met sy instrumente aan boord van die ruimtetuie Explorer 1 en 3 en Pioneer 3.[1][2][3] Van Allen het hom beywer vir die insluiting van wetenskaplike navorsingsinstrumente op ruimtetuie.